EIERGEREG – SOOS FRENCH TOAST

EIERGEREGtested

EIERGEREG – SOOS FRENCH TOAST
Sny in Witbrood in blokkies.
Klits 12 eiers en 500 ml melk saam met sout, peper, rooipeper.
Strooi bietjie gerasperde Cheddarkaas onder in gesmeerde bak.
Voeg broodblokkies bo-op en gooi die eiermengsel oor.
Druk liggies met ‘n vurk sodat die brood lekker klam raak.
Sprinkel die res van 2 koppies kaas bo-oor. Bedek en laat oornag in yskas rus.
Bak die volgende oggend vir 40 – 60 min by 180 ºC.
HEERLIK! Amper soos French Toast, maar sonder al die moeite.

Nota:  Ek het 16 mense daarmee gevoer Rina, maar ek het voorgereg en al die muffins ook gehad…ek sou dink 12 mense met gemak…as ons nie so baie mense was en ek by my eie huis was het ek individuals gemaak…
Heerlik verby …ek het ook 1 eetlepel bruinsuiker en 2 eetlepels Maple syrup bygevoeg…

Resep: Tertia van Zijl
Foto:  Elsa Van Antwerpen Kleinhans