DANIE SE BOBOTIE

 

2015-06-28-bobotietested

DANIE SE BOBOTIE
2 medium uie, fyn gesnipper
25 ml botter (ek vat sommer bietjie olie)
3 dik snye witbrood
250 ml melk
25 ml kerrie
40 ml appelkooskonfyt
12.5 ml borrie
25 ml blatjang
200 ml asyn
25 ml suiker
5 ml fyn gemmer (opsioneel)
sout en peper na smaak
1 kg maalvleis
2 eiers
250 ml melk

Braai uie ligbruin in bietjie olie/botter.
Week snye brood in die melk, druk melk uit en voeg brood by uie.
Meng die res van die bestanddele ( behalwe vleis, eiers en melk) by die uiemengsel en stowe stadig vir so 10 min.
Skep die kerriemengsel uit en hou eenkant.
Braai die maalvleis in dieselfde kastrol en voeg sout, peper en woestersous by na smaak.
Voeg die kerriemengsel by die vleis en laat kook stadig tot vleis gaar is. Roer af en toe.
Skep in bak.
Klits die eiers en melk en giet egalig bo-oor die maalvleismengsel.
Bak by 180ÂșC tot gestol. Dis omtrent so 30 tot 40 min.
Resep: Danie Brits
Foto: Annie Williams