CHEATS MOUSAKA


CHEATS MOUSAKA
Julle, hierdie het nou nogal regtig lekker uitgekom!
700g maalvleis
100g tamatie pasta
1 blikkie gekapte tamaties
1 bottel pecorino en tamatie pasta sous (woollies)
1 groot ui
2 groterige eiervrugte
Cheddar kaas
Olie
Origanum
Sout en peper
Sny eiervrugte in 1 cm ringe en sprinkel met sout – ver af na so 5 min en verf met olie.
Grill op 230 tot bruin
Braai uie, en dan die vleis. Voeg tamatie pasta by en braai verder.
Voeg die blikkie tamatie by, sout en peper en origanum.
Ek sit gewoonlik so 2 teelepels suiker by
Begin nou met bietjie vleis,dan eiervrug, en dan weer vleis, smeer n dun lagie van die pecorino sous oor, en so gaan jy maar nou aan, tot jy met vleis en pecorino sous eindig (ek het n kwart bottel pecorino gebruik) rasper cheddar kaas Bo oor en bak in die oond teen 180 met n deksel op) vir 45 min
BRON- Leoni Booysen‎