CARBONARA

 

2014-05-24-carbonaratested

(vir 6 mense)
Hou alles byderhand want hierdie neem omtrent 15 minute

750 g maer bacon (opgesny)
1/2 ui – fyngekap
500 ml room
3 eiers – geklits
100 g VARS fyn gerasperde Parmesan kaas (nie die botteltjies nie)
Sout en peper na smaak
500 g pasta (ek gebruik spaghetti)

Braai die bacon en uie in ‘n bietjie olie tot amper crispy
Kook die pasta tot sag (so 9 minute)
Dreineer goed
Sprinkel met ‘n bietjie olyfolie
Plaas terug op stoof met plaat op Lou
Gooi die bacon en room oor die pasta
Eindig met parmesan en eiers
Roer nou aanhoudend tot dit lyk of eiers begin gaarword

Bedien met ekstra fyn gerasperde Parmesankaas.
BRON- Amanda Vallero‎