BLOEDWORS

BLOEDWORS
varkbloed
1 eetlepel sout
1 koppie broodkrummels
1 koppie rosyne
bietjie salie en tiemie
1 koppie droog gekookte rys
spek
sout
peper
bietjie suiker
bietjie naeltjies
Neem die bloed van ‘n vark en roer dadelik die sout daarin, roer tot dit koud is en giet deur ‘n sif.  Sny die spek in blokkies, roer dit by die bloed, voeg die broodkrummels, rosyne, rys en speserye by.  Werk die bestanddele goed deur tot gemeng. Stop die mengsel deur ‘n worsstopper in ‘n groot derm.  Kook die bloedwors in kookwater, stadig vir 15 min, die derm bars baie maklik.