ADAM SE BO-KAAP BIRYANI

2014-05-03-byrianitested

ADAM SE BO-KAAP BIRYANI

500g tot 1kg bredie vleis van jou keuse (skaap, bees of hoender)
1 groot gekapte ui
4 medium grootte aartappels in blokkies gesny
4 wortels in stukkies gesny
1 blikkie gekapte tamaties
1 teelepel biryani masala
1 teelepel gewone Kerrie (cartwrights – sterkte volgens jou keuse)
1 ½ teelepels cumin
1 teelepel gemmer
1 ½ teelepel borrie
2 teelepels fyn knoffel
2 kaneel stokkies
sout na smaak.
1 koppie gekookte rys waarby ‘n ½ teelepel borrie gevoeg is.
1 ½ koppie gaar lensies.
Twee eetlepels asyn

Braai die gekapte ui en kaneelstokkies in bietjie olie tot dit begin sag word en voeg die vleis by. Braai tot die vleis begin verbruin en voeg klein bietjie water by en laat kook tot die vleis halfpad gaar is (tyd gaan afhang van watter sort vleis jy gebruik). Meng die inhoud van die blikkie gekapte tamaties met die biryani masala, kerrie, cumin, gemmer, oorblywende borrie en knoffel en voeg dit by die vleis. Indien nodig, voeg nog bietjie water by. Bring tot kookpunt en laat prut vir ongeveer 15 minute. Voeg die aartappels, wortels, sout en asyn by en laat kook tot die groente sag is.

Skep lae vleis en groente, rys en lensies in ‘n opdienbak. Herhaal die lae tot die bak vol is en eindig met die oorblywende sous in die kastrol. Bedien warm.
Resep en foto:  ADAM CLOETE