WITSOUS MET ‘N VERSKIL
WITSOUS MET ‘N VERSKIL
Dit is eintlik die sous wat ek gebruik vir die braaikaas broodjies wat ek maak
2 eiers
30 g margarien
sout en peper
1 eetlepel meel
3 eetlepels melk
2 eetlepels bier
1 eetlepel Worchestershire sous
1 eetlepel Dijon mostert
150 g gerasperde cheddar kaas
Jy maak ‘n basiese witsous met ‘n effense verskil. Smelt die botter in ‘n kastrol. Roer die meel in en roer aanmekaar tot dit ‘n pasta vorm. Roer nou die melk geleidelik in sodat dit ‘n gladde dik sous begin vorm. Volgende meng jy die bier, mostert en Worchestersous in, verwyder van die hitte en roer die kaas daarby tot die kaas gesmelt het, asook die eiers. Geur na smaak met sout en peper.
Resep en foto: Adam Cloete

