WENKE VIR ROOSTER VARK EN CRACKLING

images
WENKE VIR ROOSTER VARK EN CRACKLING
Franco Dippenaar Score die vel met n skerp mes en strooi growwe sout mildelik in die snye en oor die vel. Braai stadig in die oond tot vel crackling maak

Hettie Bezuidenhout

Daar is soveel maniere om die crackling te maak. Ek score die vel met n stanley mes.spesiaal in my kombuis vir daardie doel. Dan sit ek hom in die wasbak en gooi kokende water uit die ketel oor hom Die vel krimp en gee ontbloot die vetlagie. Dan moet jy hom goed droogmaak.Ek gebruik n haardroeer. Dan vryf jy hom goed in met baie growwe sout. Dit laat die vet uitbraai. Gooi growwe peper ook. Voorverhit die oond tot 250 grade C, sit die vark in vir so 30-45 minute tot die crackling mooi bruin en crispy is. Stel nou die oond af tot 160 grade C. En laat hy stadig verder bak tot gaar.