WENKE OOR HOT CROSS BUNS

WENKE OOR HOT CROSS BUNS
Anita Dreyer Stanley
As mens Hot Cross Buns vries en weer ontdooi, sal dit dan nog net so lekker proe? Hoekom proe die buns gewoonlik so gou ‘oud’ ? Is daar ‘n manier om dit langer te laat ‘vars’ proe?
Driesman van der Vyver
sny dit in die helfte en droog soos beskuit. jy sal nie spyt wees nie. ek ooreet myself.
Ingrid Vermaak
Ek vries myne gereeld en eet selfs lamk na Paasfees lekker daaraan. Ek haal direk uit vrieskas en oond met lae temp
Marius de Beer
Vries dit en stoom dit voordat jy dit gebruik. Die swel weer mooi uit en proe net so vars. Jy moet dit egter dadelik eet en kan nie oorstaan nie. As jy nie n veri mark stomer het nie laat weet dan vertel ek jou die boere manier.
Anita Dreyer Stanley
Marius ek het nie ‘n veri mark stomer mie. Vertel my asb die boere manier. Hoe werk die stomer manier?
Marius de Beer – Stoom die rolletjies in n kastrol. Neem n kastrol waarin n bord maklik inpas of kleinbordjie as dit nie baie is nie. Gooi 1 tot 2 koppies water in. plaas n lee blik of n blikbeker in kastrol. Plaas bord bo op en pak die buns op die bord. Sit deksel skeef vir oortollige stoom om te ontsnap. Wanneer buns mooi ontdooi het is hulle mooi uigerys. Ek gebruik sommer klein broodmandjie in die kastrol ipv. n bord. Werk 100%