WENKE OM STEAK SAG TE MAAK

WENKE OM STEAK SAG TE MAAK
Louise Lategan
Hello julle, ek wil vanaand bees stroganof maak. My steak is altyd taai. Het iemand raad vir my?

Rina Kleinhans
Eerstens moet die vleis kamertemperatuur wees wanneer dit gaargemaak word en moenie dit oorgaar maak nie, 3-4 min aan ‘n kant, afhangende van hoe dik die steak is en ook die hitte, lekker hoë hitte. Jy kan dit ook die vorige aand kap met ‘n vleishammer, nie te veel nie, sprinkel bietjie suurlemoensap oor en laat marineer tot die volgende dag. Kom ons hoor wat se die lede nog?

Leigh-AnneMaurice Nortje
Lê dit in knorr se knoffel marinade vir so uur in die yskas, werk wonderlik.

Wanda Botha
Pynappel is ook taai steak se moses, voeg pynappel met die sap bo-op die vleis, laat marineer ‘n ruk en spoel af.

Johan Van der Walt
Rasper pynappel, smeer oor die vleis, los vir 5 min en krap dit af, probeer dit gerus.

Marius de Beer
Gebruik “meat tenderiser”, veilig om te gebruik, want dit word van papajas gemaak.

Marichelle Mader
Vlapoeier. Sprinkel oor die rou vleis, braai eers die vleis voor jy sous byvoeg, ek het dit ook nie geglo nie.

Louise Groenewald
Maak die stroganoff in die drukkoker, dan hoef jy nie die duurste vleis te gebruik nie.

Louise Lategan
Ek het “tenderised steak” gebruik. Dankie almal se raad, maar ek het nie enige van die bogenoemde in my huis nie. Ek het wel gewone marinade? Sal julle almal se raad onthou en in die vervolg sorg dat dit in my koskaste is. Ek het al gehoor van coke ook wat gebruik word, is dit waar???

Arthur de Lange
Plaas die vleis in ‘n dakkie en kap met ‘n hammer, dit breek die weefsel af. Indien jy bietjie Coke het, laat lê die vleis in die Coke vir ‘n uur of so. Sout die vleis en wanneer jy dit gaarmaak, voeg bietjie botter en jou speserye by.

Elmarie de la Rey
Indiese skrywer Ranjit Rai se lys vir versagters: rou groen papaja, rou pynappel, rou vye, groen mangopoeier, granaatsaad, tamarind, dikmelk, suurlemoensap en mostertsaad. Joghurt sal ook werk.

Leigh-AnneMaurice Nortje
Sprinkel gewone koekmeel oor die rou vleis en laat lê dit so halfuur, potbraai die vleis met die meel om die vleis, dit maak die vleis sag en die sous ook dik.

Diane Van Schaik Conradie
Louise ek braai die steak vinnig, tot net net gaar, dan laat ek dit eenkant staan tot die sous reg is. Giet die sous oor die vleis en bedien dadelik. Braai die steak bietjie bietjie anders kook dit op die ou einde en dit maak dit taai.

Heather Strumpher
My geheim is om die vleis met mosterdpoeier te besprinkle ‘n paar uur voor ek gaarmaak(braai of kook).

Adiela Manuel
Moenie die steak vooraf was nie, dit kan ook taaiheid veroorsaak.

Elmarie de la Rey Harold McGee,
In die boek, Food and Cooking, ‘n lywige wetenskaplike werk van meer as 800 bladsye, bevestig dit: The green fruit ( of the papaya) contains vessels of milky latex, rich in the protein-digesting enzyme papain, which is found in some meat tenderizers. Miskien sal julle die boek interessant vind.

Maria Liebenberg
Ons eet baie skaapvleis omrede ons ‘n plaas het en soms is die vleis taaierig. As ek twyfel laat lê ek die vleis in mazienawater vir so 3 – 4 ure. Dan maak ek soos die namakwalanders, meng gekneusde heelkoljander, bruinasyn en Worcestersous, marineer die vleis daarmee. My man gooi die growwe sout op die rooster oor.

Brenda Groenewald
Sprinkel bakpoeier saam met die speserye en olyfolie op die vleis, dit verander nie die smaak nie en doen die ding, heel beste is knoffel steak marinade, die een in die pakkie wat jy met water aanmaak.

Susanna Kruger
Ek maak die steak vooraf sag deur met bakpoeier te sprinkel wat in spesery botteltjie is. Laat dit so ruk lê, omtrent 2 ure, spoel die bakpoeier af en die steak is heerlik sag, ek doen dit al vir paar jaar so, want “meat tenderiser” het net té duur geword.

Santa Ronquest Breedt
Sojasous maak vleis heerlik sag as jy dit vir ‘n paar ure daarin week.

Almarie Albertyn
Ek prik die vleis met ‘n vurk, beide kante, sprinkel sojasous oor, laat hom paar uur daarin lê.

Sonja Tredoux
Meng suurlemoensap en Worcestersous, laat marineer die vleis met die mengsel vir ‘n uur.

Flipkotie Olivier
Ons gebruik net vars suurlemoensap, dit werk baie goed om vleis sag te maak. Nie gekoopte botteltjie suurlemoensap nie.

Marius Rabie
Maak ‘n pakkie marie beskuit fyn, meng een teelepel Italiaanse kruie, braaivleis speserye en rooipepper daarby. Vryf dit in die vleis en laat staan vir ‘n uur of so. Werk uitstekend met varktjops. Wie nie waag nie, sal nie wen nie.

Linette Van Heerden
Marineer die vleis in jogurt oornag. Laat die vleis kamertemperatuur word voor gaarmaak, warm pan, net so 4 min aan ‘n kant.

Mucki Gouws
Laat lê die vleis in karringmelk vir ten minste 4 ure, sprinkel met sojasous en bak tot gaar, dit werk lekker vir ons.

Elize de Kock
Kap die steak weerskante met die oopkant van ‘n bottel, die bottel sal dit in sulke ringetjies kou. Strooi bietjie bruin uie souspoeier oor voor jy kap.

Foto: Elize de Kock