FRIEDA SE TUNATERT

tortilla friedatested
FRIEDA SE TUNATERT
Dis heerlik en ‘n ete net so saam met ‘n groenslaai… baie lekker in die tortilla en vullend.
2 blikkies Tuna
2 eiers, geklits
1 sny witbrood
1 teelepel aromat
1 ui, gekap
1 koppie melk
½ koppie mayonnaise
1 koppie gerasperde kaas

Meng alles, bak 20 minute by 180°C in konveksie oond.
In ‘n gewone oond sal dit 30 – 40 minute bak.
Resep en foto: Frieda Greyling