TUISGEMAAKTE LASAGNE

lasagne - kompetisietested

TUISGEMAAKTE LASAGNE
Lasagne tuisgemaak met my eie blaaie ek sal die foto opsit as dit klaar gebak is
1 pak lasagne velle of maak jou eie
1 Groot ui
2 Huisies knoffel gerasperĀ 
500g Lean maalvleis
3 Tamaties
1 Rooipeper gerooster
Pakkie mushrooms opgekap
Woestersous tamatiepasta en sout en peper na smaak
En so klein bietjie rooiwyn
2 tl Origanum
Gerasperde kaas

Pak Lasange blaai (Of maak jou eie 1en 3\4 koppie meel met 2 eiers en 2 tl water knie goed en rol deur pasta masjien
Braai jou maalvleis met uie en Rooipeper wat gerooster is, voeg al die ander bestanddele by kook dit tot dit lekker dik is laat afkoel. Nou pak jy laag vir laag eers maalvleis, pastablaaie en witsous ek sit nie baie gerasperde kaas tussen in nie net bo op

WitSous
1 l Melk gekook met 2 pakkies mushroom soppoeierrasper bietjie neut in .
Bak in oond vir 45 min teen 180 grade CĀ  hou hom maar dop as hy bubble en bruin is haal maar uit
Bedien saam met lekker Groen slaai

Bron en Foto: Anita Groenewald Olderwagen