SOETSUUR TJOPS OP DIE STOOF
4 skaaptjops
melk, genoeg om die tjops te bedek
1 teelepel asyn
Braai die tjops in ‘n pan tot ligbruin.
Gooi die melk oor en laat dit kook.
Sodra die melk begin dik kook, voeg die teelepel asyn by.
Braai verder tot lekker bruin en haal uit.
Bedien met krummelpap.