SKAAPBOUD MET SLAAISOUS
Nou ja, hierdie skaapboud was in die oond vir so ongeveer 5 ure op 160°C.
Net gestop met knoffel, spek, uie, growwe sout en swart peperkorrels. (Maak gate met mes in die boud en druk in die gate), toe het ek lekker baie uie en roosmaryn takkies bo-op gesit, en ‘n halwe botteltjie Honey and Mustard slaaisous oor gegooi, deksel op gesit, en dit lekker stadig in die oond laat gaar word.
Môre sit ek dit net onder die grill om lekker bruin te maak en maak die sousie dikker, maar ons het geproe dit is heerlik verby. Die heuning in die slaaisous gee dit regtig ‘n heerlik smakie. Ek het gewonder daaroor.
Vir die slow cooker/prupot: doen dieselfde en sit in die prutpot vir ongeveer 8 ure op Auto.
Nota: Omdat ons net twee mense is, behandel ek hierdie boud soos volg: wanneer dit koud is, dan sny ek dit in skywe. Dag een sit ek net genoeg van die skywe vir twee etes in ‘n plat bak, maak ‘n lekker sousie oor met die pansouse, gooi dit oor die vleis en sit dit (toegemaak) in die oond om warm te word, bedien met rys en groente, dan het ons twee heerlike gekookte etes, die res word weg gepak in twee sarsies koue vleis, een gaan yskas toe vir lekker koue vleis en slaai en die ander een word gevries vir wanneer ek lekker broodjies wil maak, saam met tamatie blaarslaai en mosterd en sie daar!
Foto en Resep: Rina Kleinhans
Loraine Peyper Viljoen
Karoo lamsboud oornag in die oond met French light slaaisous, halwe bottel. Vanoggend net gou lekker gebak.


