SALM MOUSSE

2014-04-01-salmmoussetested

SALM MOUSSE
Resep geplaas en foto: Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is so ‘n visserige ietsie vir visweek.
500 g gaar Salmfyngevlok of fyngemaak in ‘n voedselprosesseerder
(Ek kry sommer van die pakkies gevriesde salm stukkies wat sekere winkels verkoop – dis baie goedkoper)
2 eetlepels margarien
1 ½ eetlepels meeblom
250 ml melk
4 teelepels ongegeurde gelatine poeier
4 eetlepels warm water
2 middelgrootte ryp ,afgeskilde tamaties
150 ml dik room
styfgeklopte wit van 2 eiers
1 eetlepel suurlemoensap
sout en peper na smaak

Plaas ‘n dubbele laag waspapier in ‘n soufflébak sodat die randte van die papier om die kante van die bak omvou en bind dit om die buitekant vas met tou. Smeer die papier liggies met margarine of gebruik nie klewende sprei.
Maak ‘n beshamelsous met die 50 g margarien, meel, melk en geursel en voeg die suurlemoensap daarby. Los die gelatine in die warm water op en voeg by die sous, maar maak seker dat die sous reeds van die hitte af is. Laat afkoel.
Maak die tamaties ook fyn in die voedselverwerker en druk dit dan deur ‘n sif om dit nog fyner te kry. Roer nou die salm en die tamties by die sous in. Laat die mengsel effens styf word en vou die room en die styfgeklopte wit van die eiers daarby in.
Laat stol en lig dit dan met die papier uit die bak. Verwyder die papier versigtig.
Bedien met ‘n mayonnaise en suurlemoen mengsel of mosterdsous. Vir diegene wat die regte tipe bakke of vorms het, is die papier storie seker nie nodig nie.