RED VELVET KOEK

red velvet koek Hettietested

RED VELVET KOEK
Beslag
115 g botter of margarien
375 ml ( 1 1/2 koppie) strooisuiker
2 ekstra groot eiers
1 botteltjie rooi koekkleursel.
30 ml (2 eetlepels) kakaopoeier.
250 ml ( 1 koppie ) karringmelk
1 teelepel Vanilla ekstrak
625 ml ( 2 1/2 koppies) koekmeel
2 ml sout.
1 1/2 teelepel koeksoda
12 ml( 2 1/2 teelepels) bruin asyn
Voorverhit die oond tot 180 ÂșC.
Smeer twee 23 cm koekpanne met botter, margarien of kooksproei.
Room die botter en strooisuiker tot lig. Voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke toevoeging
Meng die koekkleursel en die kakao poeier baie goed . Voeg die karringmelk en vanilla ekstrak by en meng goed.
Sif die koekmeel en sout en vou by die eiermengsel om die beurt met die karringmelk mengsel.
Meng die koeksoda met die asyn en meng in by die beslag.
Verdeel die beslag tussen die twee koekpanne en maak gelyk bo op.
Bak in die voorverhitte oond vir 30 minute of as ‘n tandestokkie skoon uitkom as dit in die middel ingedruk word. Keer uit op ‘n draadrakkie en laat afkoel. Versier met die volgende versiersel.

Gekookte versiersel
1 koppie melk
75 ml ( 5 eetlepels) koekmeel
230 g botter of margarien.
1 koppie strooisuiker
1 t vanilla geursel.

Meng die botter en die melk. Maak seker daar is geen klonte. Verhit op die stoof en bring tot kookpunt. Roer aanhoudend met n houtlepel. Kook vir 1 minuut. Die mengsel is baie dik. Bly roer . Laat afkoeltot koud. Room die botter en suiker. Voeg die melk mengsel by en ook die vanilla . Klop goed met ‘n elektriese menger.
Smeer op die twee lae en plak opmekaar. Gebruik res en versier die koek bo en aan die kante.

Resep en foto:Hettie Bezuidenhout