QUICK AND EASY TUNA PIE

Tuna tertjies rina2

QUICK AND EASY TUNA PIE
Serves 4
Oven temperature: 180 °C
4 slices bread, crusts removed
30 ml butter
250 ml milk
1 can tuna in brine, drained
300 ml Cheddar, grated
2 large eggs
1 large onion, grated
5 ml baking powder
salt, black peper and spices to taste

Break up the slices of bread into small pieces. Reserve a quarter of the cheese and then mix together the remaining ingredients in a saucepan, except the eggs and baking powder.
Cook the mixture over a low heat for a couple of minutes, stirring constantly. Remove from the stove. Taste for salt and spices..
Beat the eggs and add to the mixture. Stir in the baking powder and then pour into a greased baking dish or into individual dishes. Sprinkle the reserved cheese over and bake in a preheated oven for  20 minutes.  Serve with potato wedges and salad.

Picture:  Rina Kleinhans

VINNIGE TUNA PASTEITJIES
Porsies 4
4 snye brood korsies verwyder
30 ml botter
250 ml melk
1 blikkie tuna in water gedreineeer
300 ml Cheddar, gerasper
2 groot eiers
1 groot ui gerasper
5 ml bakpoeier
sout, swartpeper en speserye na smaak

Breek die brood op in kelin stukkies. Hou ‘n kwart van die kaas eenkant en meng die res van die kaas, botter, melk, tuna, ui en brood in ‘n pan op die stoof.
KooK die mengsel vir ‘n paar minute, roer gereeld. Haal van die stoof af en proe vir sout en peper, pas aan indien nodig.
Klits die eiers en meng in die mengsel in. Roer die bakpoeier by en skep in muffinpannetjie of in een tertbak. Sprinkel die res van die kaas oor en bak by 180 grade vir ongeveer 20 min tot gaar en mooi gekleurd bo-op
Nota:  Ek het 4 x ramekin bakkies gebruik.
Bedien met aartappel wiggies en slaai
Ook heerlik die volgende dag vir die kosblikke