POLONY SPECIAL

2014-04-17-polonyspecial

Vir 2 persone:
4 snytjies polony
1 ui fyngesny
2 tamaties in ringe gesny (redelik dik)
4 eiers
Sout en peper na smaak
Bietjie olie om in te braai

Braai uie tot sag
Voeg nou die polony by en braai bruin aan albei kante – draai polony versigtig om sodat dit nie breek nie
Pak nou die tamatieskywe bo op die polony en braai so 5 minute
Breek nou die eiers een vir een oop bo-op die polony-mengsel
Sit deksel op en prut tot wit van die eiers gestol is

Bedien dadelik op roosterbrood.

Dit is heerlik – my gesin is dol daaroor!!

Bron: Amanda Vallero