PIZZA BROOD VLEGSEL

 

2014-04-06-pizzabroodvlegseltested

PIZZA BROOD VLEGSEL
400g basiese brooddeeg
3 songedroogte tamaties
Vars pietersielie
8 toontjies knoffel
1 klein ui
100g cheddar – gerasper
100g mozzarella –gerasper

Verwerk die songedroogte tamaties, pietersielie, knoffel en ui in ‘n voedselverwerker tot ‘n growwe pasta.
Druk die deeg plat op ‘n meelbestrooide oppervlak
Smeer die verwerkte mengsel oor die deeg
Strooi die kaas oor
Knie die deeg en die mengsel baie goed deurmekaar
Werk die deeg in ‘n lang reghoek.
Sny 2 kepe in die reghoek sodat daar 3 lang bene is. Moenie bo deursny nie.
Vleg die deeg baie versigtig.
Plaas die vlegsel in ‘n gesmeerde bakplaat en druk die punte bymekaar.
Laat die deeg rys tot dubbel die volume
Bak in ‘n voorafverhitte oond by 170 grade Celcius vir 40 minute.
Bedien met vars tamatie, avo en tuisgemaakte kaassmeer

Bron: Corne Liebenberg