OUTYDSE KLAPPER POEDING

 

klapper poeding met vlatested

Ek het hierdie resep gekry maar ek het bekuitkrummels gebruik.  Dit is ampers soos ‘n brood poeding met klapper in, ek sal beslis as ek hom weer maak, ‘n stroop kook van room en suiker en dit oor hom gooi wanneer hy uit die oond kom.  Anders bedien hom met lekker baie vla, dit is ‘n poeding vir die einde van die maand, vinnig, maklik en goedkoop. Nie ‘n groot poeding nie, verdubbel as jy meer as 4 mense is. Ek sal nie se dit is “whoow” nie maar nou ja dit is poeding….he he he

Klits 2 eiers en 125ml suiker baie goed tot lig en dik.  Roer die volgende beurtelings by.
250ml vars broodkrummels
250ml melk
250ml klapper
1ml sout
Meng goed in gooi in gesmeerde oondbak 20 x 15cm, bak vir 30-45 min by 180 tot ferm en goudbruin.
Genoeg vir 4 mense.

Foto en resep geplaas deur Rina Kleinhans