OPPENHEIMER TERT
Sny die malvalekkers en kersies fyn.
Voeg die suurlemoensap by die kondensmelk in ‘n mengbak en meng. Klits die room styf en vou die kersies, neute, pynappelstukkies en kondensmelkmengsel hierby in.
Pak 1 laag beskuitjies in ‘n tertbak, ½ van die vulsel, herhaal die lae en eindig met ‘n laag vulsel.
Versier met ekstra neute en kersies. Plaas in die yskas tot gestol.
Resep: Wilma Josey Venter

