ONTBYTBROODJIES


ONTBYTBROODJIES
Hoeveelhede van die bestanddele is volgens die hoeveelheid broodjies wat voorberei word.
lang rolletjies
uie, opgesny
knoffel, fyngemaak
pietersielie, gekap
viennas, opgesny
botter
koekmeel
melk
kaas, gerasper
Sny lang rolletjies in die lengte deur en rooster dit onder die oond se element.
Braai die ui, knoffel, pietersielie en gesnyde viennas in ‘n warm pan op die stoof met botter.
Voeg meel by, roer deur en voeg melk by.
Roer oor matige hitte tot ‘n dik witsous vorm.
Skep die vulsel oor die rolletjies, strooi die kaas oor die vulsel en rooster die gevulde broodjies onder die oond se element.
Resep en foto: Corne Liebenberg