NACHO’S MET HOENDER

2014-04-26-nachostested
NACHO’S MET HOENDER

En dit is hoe vanaand se Nacho’s lyk #heerlik!!!!

Resep…. He he dis bietjie van als en van hierdie idee en daardie idee maar sal se wat ek gedoen het.
Hierdie is genoeg vir 3 lekker groot porsies.

500g Hoender Filette (in blokkies gesny)
Blikkie Tamatie & Uie Sous
Doritos Cheese Chippie
Cheddar Kaas
Gouda Kaas
Mozarella Kaas
500ml Gewone Yoghurt
200ml Mayo

Ek het die hoender lekker gebraai en toe die Tamatie & Uie sous saam warm gemaak (was bietjie loperig maar het dit met bietjie meel gebind)

Meng die Mayo met die Yoghurt.

Laag chips met hoender mengsel op die chippies en dan die Mayo mengsel en bietjie kaas weer. Dan het ek weer ‘n laag chips met hoender mengsel op die chippies en dan die Mayo mengsel en dan BAIE kaas weer bo-op.

In die oond vir so 5 minute bak en toe geswitch en net bo gegrill tot kaas warm was

BRON- Deon Rossouw