MINI OMELET
MINI OMELET
1 eier per omelet
gerasperde kaas
sweet & sour chillie sous
gebraaide sampioene
baba tamaties
Ons verkies om oop omelette te eet. Ek gebruik daai piepklein pannetjie om hulle te maak. Sommer ook vir ons n knoffel broodjie by gemaak. Ek gebruik net 1 eier per omelette en gee net die rou eier so n paar draaie met n vurk ( ek glo vir n omelette moet jy nie te veel klits nie ) Ek bak my eier aan beide kante. Hier het ek so n paar stukkie gerasperde kaas op die omelette gesit, met n bietjie sweet & sour chillie sous, toe vooraf gebraaide mushrooms en toe weer gerasperde kaas bo-op dit met klein tamatie opgesny. Die hele lot het ek in n braai bak gesit in n vooraf verhitte oond totdat die kaas gesmelt het. Eintlik kan n mens enige iets op sit wat jy voor lus het.
Bron: Sharon Viljoen

