MAMMA KRAAI SE BOEREWORS

2014-04-29-boerewordtested

MAMMA KRAAI SE BOEREWORS
1½ kg gemaalde beesvleis 
1½ kg gemaalde varkvleis 
500 g varkspek, grof gemaal of in klein blokkies gesny/skaapvet
50 ml heel koljander
25 ml sout
5 ml peper
2 ml fyn naeltjies
2 ml fyn neut (nutmeg)
150 ml goeie asyn
50 ml wonderpeper (allspice)
ongeveer 9 g. derms

Meng vleise en spek.
Skroei die koljander en maal dan fyn.
Meng al die droë bestanddele en meng goed in die vleis in.
Voeg asyn by.
Laat staan ‘n klein rukkie en stop dan die derms.
Behalwe om te bak en braai, is hierdie ook ideaal vir droog vir droewors!!!!

Resep en foto: Louise Venter