KWEPERKONFYT MET LEMOENSAP

kweper konfyt driestested

KWEPERKONFYT MET LEMOENSAP
Resep en foto:  Dries van Zyl
FOOD LOVERS RECIPES
‘n Nuwe probeer met kweper en dit het baie goed uitgekom, goeie tekstuur, kleur en smaak baie lekker.
1 kg kwepers, geskil pitte en harde kerns verwyder, in blokkies gesny en plaas in ligte soutwater om kleur te behou tot kooktyd.
Water vir kook, genoeg om vrugte te bedek
400 g suiker
sap van 1 suurlemoen
sap van 1 lemoen
ster anys (1 vir elke kweper)
heel kruie naeltjies (so 6)
1 middelmatige rissie

Kook die vrugte tot sag en dreineer, voeg suiker, suurlemoen- en lemoensap by. Bind ster anys, naeltjies en rissie in melkdoek toe en voeg by die vrugte.
Laat prut 2-3 uur teen baie lae hitte tot kwepers oranje in kleur is en die stroop dik is. Roer gereeld dat die vrugte verpulp. Verwyder melkdoek en inhoud.
Bottel in warm gesteriliseerde bottles.