KERRIEHOENDERPASTEI
KERRIEHOENDERPASTEI
VULSEL
1,5 kg hoender
3 uie gesny in blokkies sout en peper na smaak
5 ml hoendergeursel (Ina Paarman)
10 ml matige kerriepoeier
3 ml borrie
20 ml blatjang
20 ml tamatiesous
5 ml worcestersous
10 ml appelkooskonfyt
10 ml mielieblom
BOLAAG:
325 ml gaar rys
5 ml speserye vir rys
5 ml sout
25 ml botter
375 ml gerasperde Cheddar-kaas
125 gekapte rooi geel en groen rissie
250 ml heelpit mielies (opsioneel)
parika
Kook hoender uie, sout, peper en hoendergeursel tot sag, verwyder beentjies en velle. Snipper die vleis. Hou 375 ml van die hoenderaftreksel. Voeg vleis en uie saam met die res vd vulsel bestanddele by die aftreksel en meng. Laat prut vir 5 minute. Skep in groot gesmeerde oondskottel. BO-LAAG: Meng die bestanddele vir die bolaag en versprei oor die vleis. Strooi n bietjie parika oor met botterklontjies. Bak gereg vir 20 minute teen 190 C . Rooster n paar minute op hoog, strooi en ekstra lagie kaas bo-oor sodat bolaag kan verbruin. Sit voor met n mengelslaai of piesagslaai met blatjang. (kan gevries word, gebruik net bietjie mindermgeurmiddels) Regtig n wenner, almal vra die resep. Lekker eet.
Foto en resep deur Rindi Scheepers-Becker

