HOENDER MET HEUNING EN MOSTERDSOUS

hoender met heuning en mosterd soustested

HOENDER MET HEUNING EN MOSTERDSOUS
Resep en foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
6 hoenderborsies, opgesny
1 groot ui, opgekerf
2 knoffel vingers, gekerf
2 koppies gekapte sampioene (1 klein houertjie)
½ teelepel kerriepoeier (mild)
songedroogte tamatie, opgekerf na smaak
1 pak Royco Honey en Mustard Cook-in sause
1 blikkie klappermelk
1 koppie ertjies
2 groot of 4 klein wortels, in respies gesny
vars pietersielie, fyn gesny

Braai die uie, kerrie en knoffel in bietjie olyfolie tot net sag.
Voeg die hoender blokkies by en braai tot lekker verkleur, voeg sampioene by en braai net lekker deur.
Maak die sous aan met die klapper melk en giet oor die hoender.
Draai plaat stadig, sit deksel op en laat prut tot hoender sag is.
Sit songedroogte tamatie by.
Kook die wortels in sout water tot net sag nie pap nie.
Dreineer die kookwater af en tap dadelik koue water oor. Dreineer water af en voeg by hoender in die pot.
Roer die ertjie by en laat net deur kook.
Sprinkel pietersielie oor en bedien met basmatie rys en ‘n heerlik slaai.