HOE OM BEVRORE AARTAPPELSKYFIES GAAR TE MAAK

chips
HOE OM BEVRORE AARTAPPELSKYFIES GAAR TE MAAK

Ek wil net weer vertel hoe ek bevrore aartappelskyfies of aartappelwiggies vir die kleinkinders en ons tuinman gaarmaak – ons twee “oumense” eet weens ons gewig en vir gesondheid nie eintlik nie diepgebraaide kosse nie, maar vir hulle is dit baie lekker! Plaas aartappelwiggies [geskil of ongeskil] of die bevrore skyfies in ‘n dieperige kastrol wat ‘n deksel het. [Indien die bevrore skyfies al oop was en heelwat ys het, spoel dit vinnig onder kouekraan af, druk droog en plaas in kastrol]. Gooi nou genoeg koue kookolie oor die aartappels om dit so twee-derdes te bedek. Plaas deksel op en skakel plaat aan op hoog. Wanneer aartappels begin braai, draai stoofplaat laer, maar aartappels moet aanhou braai. Aartappelwiggies so 25 minute en dis klaar, bevrore tjips so tien tot 12 minute, alles heerlik bros en ligbruin! Klink vir julle nie of dit kan werk nie, ek weet – maar probeer dit, en jy sal NOOIT weer tjips anders gaarmaak nie. GEEN gespat op jou stoof, want die deksel keer dit. Koel olie af, dreineer en plaas in yskas om weer te gebruik. Dit werk 100% en jy kan dit NOOIT so bros kry soos met hierdie metode nie, ek waarborg!

BRON- Isobel Conradie