HEUNING EN MOSTERD HOENDER PASTA

 

2014-04-17-heuningenmostertpastatested

HEUNING EN MOSTERD HOENDER PASTA
1 gebraaide hoender, ontbeen en in stukkies gesny
500 g pasta
4 wortels, in blokkies gesny en vir 2 minute genuke in die mikrogolf
1 blikkie groenbone
50 ml water waarin pasta gekook is
50 ml olyfolie
1 eetlepel Dijon mosterd
2 eetlepels mosterdsous
2 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels heuning

Kook die pasta en laat afkoel.
Meng al die sousbestanddele baie goed saam.
Voeg die hoender, wortels, boontjies en pasta in ‘n bak.
Giet die sous oor en laat staan vir ‘n uur.
Bedien met komkommer, tamatie en blokkies mozzarella.

Bron: Corne Liebenberg