HEERLIKE MAKLIKE HOENDER KERRIE
HEERLIKE MAKLIKE HOENDER KERRIE
1 Hoender of stukkies
100 ml koekmeel
25 ml kerrie poeier
25 ml suiker
5 ml sout en knippie peper
1 pakkie sampion sop
400 ml koue water
125 ml tamatiesous
50 ml blatjang
50 ml Worcestersous
Meng koekmeel, kerrie, suiker sout en peper en rol honder in meel mengsel tot goed bedek. Plaas in groot oond skottel met deksel en laat 1/2 uur staan
Meng soppoeier , water, tamatiesous, blatjang en Worcestersous. Gooi mengsel oor hoender. Sit deksel op en bak teen 180 grade C vir 1 uur. Sit voor met rys
Resep en foto: Maryke Nel McCaig

