GEMAALDE ALIKRIK (Alikreuk) MET RYS

2014-04-29-allakriktested

GEMAALDE ALIKRIK (Alikreuk) MET RYS 
1 ui
ongeveer 15 gemaalde allekrik
‘n paar lourier blare
1 E suurlemoentiemie
½ k droë witwyn
‘n skeutjie sjerrie
1 E suurlemoensap
¼ t neutmuskaat 

Nota : Die resep is by benadering, want dit hang af hoeveel allekrik jy het.
Braai ‘n fyngekapte uie en voeg gemaalde allekrik by
Hierby kom lourierblaar en ‘n bietjie suurlemoentiemie
Geur met witwyn, ‘n skeutjie sjerrie en suurlemoensap
Kook goed deur en strooi sout en nuetmiskaat oor
Bedien met rys

Resep: Adam Cloete