GEKARAMELISEERDE UIE
GEKARAMELISEERDE UIE
Doraine Pienaar:
Hoe maak ek gekarmeliseerde uie wat ek saam bacon/russians op pizza sit?
Elize Grobbelaar:
Braai uie met bietjie sout in pan in bietjie olie of botter tot sag, gooi bietjie suiker en asyn by en sien hoe gou karameliseer die uie.
Celeste Glöss:
Balsamic asyn maak dit baie lekker.
Corne Liebenberg:
Ek braai uie in olie EN bietjie botter met Worcestersous en heuning… dis baie lekker!
Nicolene Louw:
Balsamiese asyn en bruinsuiker.
Ansie van Stryp:
Bruin asyn en bruin suiker
Karin Van Coller Minnaar:
Hier is my resep:
15 ml olyfolie
3 uie, fyn gesny
45 ml bruin suiker
45 ml balsamiese asyn
5 ml fyn tiemie, opsioneel
sout en peper
Verhit olie in pan en braai uie tot bruin.
Draai na meduim lae hitte gooi asyn en suiker by.
Prut tot vloeistof verdamp het.
Eet lekker.
Jy kan natuurlik die resep dubbel en drie dubbel.
Dit hou lekker in die yskas en dan maak ek dit sommer gou warm in die mikrogolf.

