GEBAKTE AVOKADO

2014-04-13-gebakteavotested

GEBAKTE AVOKADO
Ons gunsteling met Avokado.
1 avokado
1 gekookte eier, fyngedruk
1 sny brood, korsies af en geweek in bietjie melk
1 eetlepel gerasperde kaas
½ teelepel Origanum
1 teelepel fyngesnyde rooi soetrissie of die vleis van 1 kersietamatie sonder die pitte of soet Chilliesous
½ teelepel Sour Cream and Chives Sprinkles
suurlemoensap
sout en peper na smaak

Verhit oond tot 180 grade°C.
Spuit ‘n plat bakplaat met verkieslik olyfoliesproei.
Sny die avo in die lengte deur en verf met suurlemoensap.
Druk die melk uit die brood en meng met die res van die bestanddele en vul die holte en bedek die hele boonste deel van die avo se twee helftes daarmee.
Bak vir 10 tot 12 minute totdat die vulsel effens verbruin het.
Dit is baie vullend en heerlik met ‘n ligte slaai daarby.

BRON- Rhona Richards Peens