ELMARIE SE CHOUX DEEG SWANE
ELMARIE SE CHOUX DEEG SWANE
Ek maak gewone poffertjies met choux deeg. Drup lepels vol op bakplaat. As gaar sny in helfte deur en die boonste gedeelte van elke poffertjie word dan halfveer dit gaan die vlerkies word. Vir die nekkie gebruik ek ‘n piping bag en spuit nekkie vorm op bakplaat. As die nekkies klaar is maak ek sommer gaaitjie met toetspen vir die ogies. Dit vries baie mooi.
My resep is
250 ml water
250 ml koekmeel
3 eiers
125 ml margarine
2 ml sout
Kook water en margarien in kastrol voeg meel en sout by. Roer vinnig. Haal af van hitte. Laat afkoel, voeg eiers een vir een by klop goed na elke eier. Skep teelepels vol op bakplaat. Bak vir 10 min in oond 230 ºC verminder na 200 ºC 15 -20 min (kyk hoe warm jou oond is)
Laat afkoel en sny oop. Vul met bakkersvla en room.
Variasies pynappel, karamel of appel.
Resep en foto: Elmarie Snyman

