DIANE SE MELKTERT


DIANE SE MELKTERT
Ek maak net die resep dubbel aan. Die kors, gebruik ek net die hoeveelheid nodig en vries die res tot n volgende keer
Kors:
125 g botter
125 ml suiker
500 ml koekmeel
1 Eier (Geklits)
2 teelepel bakpoeier
Knippie Sout
Meng suiker en botter saam
Voeg eier by en meng
Voeg meel, bakpoeier en sout
Meng tot sagte deeg en druk met vingers uit in bak.
Bak in oond teen 200ºC tot net bruin.
VULSEL:
1 liter plus 125 ml melk
3 eiers
2 eetlepels Maizena
2 eetlepels koekmeel
6 teelepels botter
200 ml suiker
Vanilla
Knipppie sout
Kaneel vir bo-oor
In ‘n groot bak, meng goed saam:
125 ml melk
1 eier
2 eiergele
suiker
Maziena
koekmeel
sout
In ‘n beker klits die eierwitte styf met vanilla.
Bring tot kookpunt: – 1 liter melk met botter. Voeg die meelmengsel by, roer aanhoudend.
Wanneer dik geword het, vou in die eierwitte met vanilla. Gooi oor gebakde kors en laat afkoel.
As jy dink jou vulsel is nie dik genoeg nie, voeg nog bietjie Maizena en meel by voor dit by die melk bygevoeg is.
BRON EN FOTO: Diane Roode Hancox