CIABATTA ITALIAANSE BROODJIE

tested
CIABATTA ITALIAANSE BROODJIE
4 koppies Koekmeel
1 pakkie (10 gram) kitsgis
1 teelepel suiker
1 teelepel sout
500 ml lou water (nie warm nie) (2 koppies)
2 eetlepels Olyfolie

Oond 220 grade C
Plaas koekmeel, suiker, sout en kitsgis in ‘n mengbak.
Meng die olyfolie met die lou water
Voeg die water en olyfolie by die meelmengsel
Meng goed deur
Knie deeg nou vir 15 minute (in ‘n menger knie 1.30 minute op Spoed No 1 en dan so 8 minute op spoed nommer 2)
Bedek deegmengsel met Glad wrap en laat rys op ‘n warm plek vir so ongeveer 60 minute tot dubbel die grootte
Spuit pannetjie of bakplaat met Spray ‘n Cook.
(Ek gebruik ‘n standaard broodpannetjie)
Gooi bietjie meel in pannetjie en versprei meel eweredig in pan. Gooi ekstra meel af.
Bak vir 12 minute op 220 grade C en draai dan hitte af na 180 grade en bak vir ‘n verdere 20 minute.
Laat afkoel.
Die Italianers rooster nou die ciabatta en dit word dan Bruschetta genoem en word soos volg bedien:
Bedien nou saam met Caprese:

Mozzarellakaas (die ronde enetjie – verkieslik die een in “water”) in ringetjies gesny
Olyf en Basil Pesto
Roma tamaties in ringe gesny
Vars Basil

Bou nou die broodjies en geniet!!

Amanda Vallero Ek het vergeet om te noem: Ek druk sommer ook gesnyde olywe daarin of fyn songedroogde tamaties voor ek dit bak – so vir bietjie meer smaak

AMANDA VALLERO