BYKOS MET EIERVRUG

 

eiervrug

Annelore Von Solms Joubert

Watter bykos kan ek met eiervrug maak vir ‘n braai?

 

Lanel Scholtz Gibson 1 Eiervrug
2 Murgpampoene
2 Rooi uie
2 Rooi Soetrissies
2 gekneusde knoffelhuisies

Alles opgesny en gemeng in oondbak. Sprinkel 2 eetlepels olyfolie oor, dan sout en swartpeper na smaak oor. Bak teen 180 grade C vir 30min. Haal uit en meng 4 gesnyde tamaties by, bak verder vir nog 30min. Bedien met 200g gekrummelde fetakaas.

Francis Naomi Maddock Ek het tydens ‘n braai sommer ‘n eiervrug met skil en al in lekker dik skywe gesny, weerskante met olyf olie gesmeer en met sout, peper en basil sommer so op die rooster saam met die vleis gebraai. Almal was gek daaroor en nou word daar met elke braai eiervrug saam gebraai. Gelukkig het ek ‘n goeie oes hierdie jaar. Probeer gerus