BOBOTIE MUFFINS


BOBOTIE MUFFINS
Deeg:
1 ½ koppie bruismeel
1 ½ koppie karringmelk
¼ koppie olyf olie
1 teelepel sout
1 eier
Meng als tot ‘n slap tog stewige deeg, skep eetlepels vol in elke muffin holte, en laat staan eenkant. Die deeg is genoeg vir 24 muffin holtes.
Vulsel:
1 ui fyn opgekap
¼ koppie blatjang
¼ kop wit asyn
2 eetlepels bruinsuiker
500 g maalvleis
1 eetlepel Cartright “spicy” kerriepoeier (dis die bruin boksie)
sout na smaak
Braai die ui en maalvleis tot gaar, voeg die res van die bestanddele by, meng deur en braai op lae hitte.
Maak ‘n eetlepel meel aan met ‘n bietjie water en giet dit by die maalvleismengsel om dit te verdik.
Verwyder van die stoof en skep lepelsvol bo-op die deegmengsel.
Rasper kaas en sprinkel op elke muffin.
Bak die bobotiemuffins in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir 15 tot 20 min.
Baie belangrik, laat die muffins heeltemal afkoel, voor jy dit uithaal uit die muffinpanne, want dis baie bros terwyl dit warm is en breek dan maklik.
Gewone bobotiemaalvleis kan ook gebruik word, dan pas jy dit net aan na jou eie smaak.