BEETBLATJANG

 

beetblatjangtested

2 koppies bruin druiweasyn
2 k suiker
6 k gaar beet geskil en in blokkies gesny
2 groot uie fyn gekap
1 e sout
3 eetlepels mielieblom aangemaak met n bietjie water
1 eetlepel kerrie

Metode

meng suiker en asyn saam in n kastrol
verhit oor lae hette en roer tot die suiker opgelos is voor dit begin kook
bring tot kookpunt en voeg die beet en uie by
laat prut vir 10 minute lank
voeg die kerriepoeier en sout by
laat prut nog 5 minute
voeg die mielieblom by en kook goed deur
skep die mengsel in skoon gesteriliseerde flesse
verseel
lewer 1.4 l blatjang
Foto:  Marie Rheeder Troskie