BEATRICE SE BULLY BEEF HAPPIES


BEATRICE SE BULLY BEEF HAPPIES
Gooi blikkie soutvleis, blikkie suikermielies en roereier deurmekaar in braaipan en maak gaar. Kan ook uie of blikkie uiesmoor bygooi. Eet op pap of brood. Kitssouthappie!
1 blikkie soutvleis
15 ml Royal bakpoeier
2 eiers, melk en water gemeng, genoeg om slap deeg te vorm
500 ml meelblom
sout
olie
gekapte pietersielie
Maak vleis fyn met vurk en voeg meel, bakpoeier, geklopte eiers, sout en pietersielie by vleis. Meng met water en melk tot slap deeg. Verhit olie in diep kastrol. Gooi lepelsvol van vleismengsel in olie; dit draai self om. Braai tot bruin en laat afkoel. Gekapte uie kan ook bygevoeg word indien verkies.
Deeg vir ‘Bully beef’ – skywe:
Klits 125 ml melk en 1 eier saam.
Voeg by: 180 ml koekmeelblom 5 ml sout en knypie peper
Meng tot gladde beslag.
Doop skyfies vleis (± 1 – 1½ cm dik gesny) in beslag en braai in olie.
RESEP: Beatrice Botha
FOTO: Zee Grobbelaar