ADRES KOEKIES


ADRES KOEKIES
Alice se eie adres koekies. Elke happie smaak anders die een het n kersie en die ander een n neut of n choc chip in. My moeder het altyd uit haar kop uit gebak en dan gese dit is haar eie adres
300 g margarine
3 1/2 koppies suiker
2 eiers
2 teelepels koeksoda
3 eetlepels kookwater
3 eetlepels stroop
2 koppies oats
200 g klapper
1 koppie kersies
1 koppie neute
1 koppie choc chip
Sout
4 koppies koekmeel
Room botter en suiker goed voeg eiers by.
Los koeksoda in stroop en kookwater op.
Voeg by. Voeg res van bestanddele by.
Meng goed en rol balletjies.
Bak vir 12-15 minute by 180 ÂșC
Laat effens afkoel in pan voor jy dit op ‘n draadrak pak
Bron en Foto: Alice Meintjes