YOGISIP BOTTELTJIES

YOGISIP BOTTELTJIES
Bloemiste lint (die wat jy kan trek om te krul)
Klein paaseiertjies om botteltjie te vul
Papier om oortjies te maak
1 cupcake papier doppie
Oogies by R5 winkel
Tosseltjie vir stertjie ook R5 winkel
Besim haartjies vir snorbaarde
Swart permanente maker vir gesiggie teken
Vul botteltjie met paaseiertjies…
Teken oortjies, sny uit en kleur oortjies pienk in…
Maak klein snytjie in cupcake papier doppie om oortjies in te pas en plak onder vas met tape om nie uit te val nie…
Pas doppie op proppie en maak vas met bloemiste lint…
Plak ogies vas na proppie klaar oor getrek is om regte mates te kry…
Teken gesiggie maar plak die snorbaarde laaste op sodat dit nie af val terwyl die dassie en stertjie op geplak word nie…
Sit dassie op…(ek het my dassie gemaak met bloemiste lint wat ek die regte lente op tape vas geplak het maar in rytjies en dan lint in die middel vas getrek om die das idee te kry)
Ek het Bostik gom gebruik dit werk baie lekker en maklik…
Dis baie vinnig om te maak…
Geniet dit en maak kinders se hartjies baie bly…
Resep geplaas deur Baba Van Zyl Halgryn