WIMPIE SE BBB BROODJIES

bbb broodjies
WIMPIE SE BBB BROODJIES
1 blikkie suikermielies
1 blikkie heelpitmielies
1 blikkie kondensmelk
250 g bruismeel
paar knippies sout (na smaak)
Verhit die oond tot 180ºC. Meng die bestanddele saam in ‘n mengbak en skep die mengsel in broodrolletjie-groottes uit in ‘n pan. Bak vir 60 minute in die voorverhitte oond. Bedien warm saam met braaivleis.
Nota – Dit is ‘n baie klam brood, amper gedink dit is rou, maar toe besef ek dit is net klam.
Resep getoets en foto: Marie Rheeder Troskie