WILMA SE SOUSBONE SOP

Boontjiesoptested
WILMA SE SOUSBONE SOP
2kg sousbone stokkies en ander gagas verwyder en oornag geweek
1kg shin beesvleis in blokkies gesny hou vleisies aan die bene
2groot uie opgekap
2groot aartappels in blokkies gesny
1 wortel gerasper
10ml rissiepitte
20ml braaispeserye
20ml sout
10 peperkorrels
15ml pietersielie
20ml Maizena
30ml Kookolie
Maak so…
Braai die vleis in die olie. Voeg die speserye, behalwe die Maizena, by en braai saam totdat die vleis lekker bruin is en die vleissappe met die speserye gemeng is…voeg nou die uie by en braai saammet die vleis tot deurskynend.. voeg die aartappels en gerasperde wortels by en vul die pot met 4lit water (ekt my stoompot gebruik opi stoofplaat).
Kook tot die vleis sag is en van die bene afval en die bone begin opbreek het.. so 3ure…verwyder nou die bene en haal die murg uit, skep die murg terug ini pot.
Maak die sop fyner met ‘n blitzer en indien nodig verdik met Maizena aangemaak in bietjie water…laat kook vinnig vir so 5min totdat die sop verdik het….
Bedien met lekker vas brood of rolletjies
Bron: Wilma Josey Venter