WENK VIR MERINGUE
WENK VIR MERINGUE
My ma was ‘n baasbakster en het my geleer om ‘n halwe teelepel bakpoeier by die meringue te voeg. Klits eers die witte styf terwyl jy strooisuiker geleidelik byvoeg, strooi dan bakpoeier oor en klits dit deur. Dit verhoed ook dat die meringue van due vulsel afgly. Dit werk nog al die jare vir my. Ek bak die tert op 180 vir so 10 tot 15 minute.
Steph Kirchner
Foto: Sharon Gien-Cambier

