VULSEL VIR PYNAPPEL FLAN
VULSEL VIR PYNAPPEL FLAN
Foto en resep: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
1 gerasperde pynappel
1 koppie suiker
1 eetlepel botter
Kook bogenoemde saam.
Meng 2 eetlepels vlapoeier, bietjie koue water en 2 goed geklitste eiers.
Voeg by die kokende mengsel terwyl jy heeltyd vinnig klits. Roer goed.
Laat afkoel en skep in flankors. Versier met geklopte room.

