VLEISLAND SE RUMP

10013963_10203071753065080_1018827176_n
VLEISLAND SE RUMP

Nou ja maters… en Maaskaas sous, met groentekies…

Sny enige steak, Bees of Wild so 2 cm dik (DWARS OOR DIE GREIN)
Hierdie is Rumptail saam met die grein gesny, nie reg nie.
Smeer dit lekker met bruin asyn/ Balsamic vinegar en olyf olie in.
Gooi jou braai speserye oor en laat dit vir so uur of twee lê.

Braai nou uie in ‘n pan in BOTTER, en gooi bietjie sout, peper, en pietersielie in.
Wanner die uie bruin is, haal dit af en skep dit uit die olie uit in ‘n bakkie.

Braai nou in daardie selfde botter olie, die steaks op nommer 4 elektries, of so 3/4 op gas stoof, 3 minute op die een kant, draai om en nog 3 minute op die ander kant.
NOU skep jy een eetlepel MAASKAAS/Cottage cheese op elke steak, krap die uie weer daar by in, en roer deur vir so EEN minuut, skep UIT DIE PAN in die BORD
Met so bietjie groente of rys.
NOU kom daar nog ‘n stukkie KNOFFEL BOTTER bo op elke steak en dan gaan sit jy aan en eet soos ek NOU geëet het.
SAAM MET – Linda Venter se tuisgemaakte mostert.

Bron: Stefaans Blaauw