VINNIGE AARBEITERTJIES


VINNIGE AARBEITERTJIES

Voer ‘n tertbord uit met tennisbeskuitjies of ‘n krummelkors
Meng die volgende bestandele goed en versprei oor die kors.
500ml Ultra Mel room
2 Pakkies Vanilla kitspoeding
300ml melk

Metode:
Dreineer ‘n blik aarbeie. Hou die stroop eenkant.
Voeg 75ml suiker en
50ml mielieblom by die stroop en verdik in die mikrogolfoond.
Pak die aarbeie op die vulsel in die kors en gooi die stroop bo-oor.
Laat baie goed afkoel voordat bedien word

Resep geplaas – Rina Kleinhans