TEMPURA BESLAG VIR DIEPBRAAI

TEMPURA BESLAG VIR DIEPBRAAI
125 ml koekmeel
125 ml yskoue water
1 eier geskei
Sonneblom olie om in te diepbraai
Meng die koekmeel, water en eiergeel, maar moenie te veel roer nie. Laat 1 uur in yskas staan. Wanneer dit reg vir gebuik is, klop die eierwit styf en vou dit vinnig maar liggies by die meelmengsel in. Druk die calamari met ‘n papiehanddoek droog. Doop die calamari eers in koekmeel dan in die beslag sodat dit heeltemal bedek is en braai onmiddellik in diep olie tot goudbruin 2.5 min aan elke kant.
NOTE
Jy kan enige seekos gebruik met die beslag sowel vis ook. Ek het prawns ook met die beslag gaar gemaak.
A tablespoon of cornflour mixed with the cakeflour gives you a more “crispy” batter.
Elize